What's New

Subskripsies en kompetisieblokraaie is bygevoeg.

App Description

Laai Huisgenoot se opwindende nuwe blokraai-app af – dis ure se pret. Kry een gratis blokraai per week of koop ’n bondel met blokraaie in verskeie groottes. Jy kan ook inteken om daagliks ’n blokraai te kry. Kies of jy blitsblokraaie of die gewilde pyltjiewoorde (met die leidraad binne die blokraai) wil invul. Daar is drie vaardigheidsvlakke – maklik, medium en moeilik.  Met die voorloperbord kan jy jou vordering teen ander spelers in die land en die res van die wêreld meet - en boonop jou vriende uitdaag. As jy wonderwerke met woorde kan verrig, laat waai!

Twee inteken-opsies word aangebied. Maandelikse intekeninge is vir een maand geldig, vanaf ’n datum in die maand tot dieselfde datum in die volgende maand. Gedurende hierdie tyd ontvang die intekenaar elke dag een nuwe blokraai.
Jaarlikse intekeninge is vir een jaar geldig, tot dieselfde datum in die volgende jaar. Gedurende hierdie jaar ontvang die intekenaar elke dag een nuwe blokraai.

Maandelikse intekeninge is R24,99
Jaarlikse intekeninge is R249,99

Sodra die aankope bevestig is, sal die betaling op die inskrywer se iTunes-rekening geplaas word

Intekening word outomaties hernu tensy outo hernuwing ten minste 24 uur voor die einde van die huidige periode afgeskakel word. Die rekening sal binne 24 uur voor die einde van die huidige periode vir die hernuwing gedebiteer word, en die koste sal geïdentifiseer word. Inskrywings kan deur die verbruiker beheer word en outo inteken kan afgeskakel word ná die aankope deur na die intekenaar se Rekening-verstellings te gaan. Kansellasie van die huidige intekening word nie gedurende die aktiewe tydperk toegelaat nie. Enige deel van die gratis proeftydperk (as dit aangebied word) wat nie gebruik word nie, sal verbeur word as die verbruiker inteken op daardie publikasie.

iPhone Screenshots

(click to enlarge)

Huisgenoot Blokraaie screenshot 1 Huisgenoot Blokraaie screenshot 2 Huisgenoot Blokraaie screenshot 3 Huisgenoot Blokraaie screenshot 4 Huisgenoot Blokraaie screenshot 5

App Changes

  • October 01, 2014 Initial release
  • October 04, 2014 New version 1.1
  • November 04, 2014 New version 1.1.1
  • July 01, 2015 New version 1.2